| | |

AfriForum se Germiston-tak skenk beskermende toerusting aan Kowa Pienaar-tehuis

Die AfriForum-tak in Germiston het op 8 Julie 2020 beskermende toerusting aan die Kowa Pienaar-tehuis vir bejaardes geskenk nadat dié tehuis die afgelope paar weke heelwat COVID-19-gevalle aangemeld het. Die tak het 500 handskoene, 300 voorskote, 35 liter handreiniger en vitamienaanvullings aan die tehuis geskenk.

Volgens dr. Eugene Brink, AfriForum se bestuurder vir Gesondheidsake, is die gevalle in Gauteng besig om skerp te styg. “Ouer mense is veral kwesbaar en ons wil toesien dat hulle en die personeel wat hulle versorg, veilig en gesond is.”

“COVID-19 bied baie uitdagings vir die gemeenskap en dit is in tye soos dié wat ons veral na ons senior burgers moet omsien,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings