|

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregteorganisasie se Helderbergkom-tak vorm, het op 6 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het dié opleiding aangebied, wat deel vorm van ’n opleidingsprogram wat AfriForum se veiligheidstrukture ontwikkel het om hul veiligheidsnetwerk uit te brei en te versterk.

“Die opleiding is uiters belangrik vir vrywillige lede wat hul lewens daagliks op die spel plaas om hul gemeenskappe te beveilig,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

De Jager sê dat die tyd aangebreek het vir gemeenskappe om saam te staan, ongeag die organisasies betrokke. Gemeenskappe kan hulself slegs deur die nastreef van ’n gemeenskaplike doelwit beskerm. “Met dit in gedagte nooi ons elkeen in Gordonsbaai uit om saam met ons te werk om ’n veilige dorp sáám te verseker,” sluit De Jager af.

Raak by AfriForum se Helderbergkom-tak betrokke: SMS “Helderbergkom” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings