AfriForum se Goukou-plaaswag trek verdagte weens kabeldiefstal vas


AfriForum se Goukou-plaaswag het op 14 Maart 2019 saam met die Stilbaai-polisie een van drie verdagtes gearresteer wat vermoedelik al vir ’n geruime tyd dié gebied vir kabeldiefstal teiken.

’n Plaaswaglid het die voertuig waarin die verdagtes gery het tydens ’n patrollie opgemerk en die polisie en bykomende bystand ontbied. Dié voertuig word glo al vir maande gesoek.
Terwyl die plaaswaglid die voertuig dopgehou het, het die verdagtes rolle kabels uit die voertuig gegooi. Twee van die verdagtes het egter te voet gevlug en slegs een kon gearresteer word.

“Dit is ’n groot sukses vir die Stilbaai-gemeenskap; die gemeenskap en die Stilbaai-polisie is dankbaar dat ’n verdagte in verband met die kabeldiefstalprobleem gevang is,” sê Johan Crous, AfriForum se veiligheidskomiteevoorsitter vir die Hessekwa-tak.

Enigiemand wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” na 45353 (R1) SMS.

Soortgelyke plasings