AfriForum se Goukou-plaaswag verleen bystand wat tot arrestasie lei


AfriForum se Goukou-plaaswag het op 1 September bystand verleen nadat ’n plaaswerker ’n verdagte persoon op een van die plaaswaglede se grond naby Albertinia gewaar en die plaaseienaar in kennis gestel het. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander lede van die plaaswag is ontbied. By nadere ondersoek is ’n lang slagmes in die verdagte persoon se besit gevind. Die SAPD het die persoon in hegtenis geneem.

“Dit is onduidelik wat die persoon se motief op die perseel was. Die plaaswerker en plaaswag se flink, proaktiewe optrede het egter verhoed dat potensiële skade aangerig is. ’n Saak van betreding is geopen en die persoon is ’n boete van R1 000 opgelê,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Enige persoon wat by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke wil raak, kan die woord “Veilig” SMS na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings