AfriForum se groter Brandwag-plaaswag ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se groter Brandwag-plaaswag buite Mosselbaai het op 25 November 2017 patrollie- en selfverdedigingsopleiding ontvang. Bykans 120 lede van die gemeenskap het hierdie opleidingsessies bygewoon. Die selfverdedigingsopleiding is deur Tiger Kai-gimnasium onder leiding van AfriForum aangebied en die patrollie-opleiding deur Johandré van Zyl, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

“Met plaasmoorde en -aanvalle wat skerp in die Wes-Kaap toeneem, is dit vir ons belangrik om proaktief te wees en plaasaanvalle sover moontlik te probeer voorkom. Om dít te bewerkstellig, moedig ons gemeenskappe aan om by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Van Zyl.
Volgens Van Zyl fokus AfriForum tans sterk op veiligheid. “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei word om hul in staat te stel om hulself met die bystand van AfriForum te beveilig,” sluit Van Zyl af.

Soortgelyke plasings