|

AfriForum se Groter Moot-buurtwag doen paraatheidsoudit

AfriForum se Groter Moot-buurtwag het op 5 Februarie 2022 deelgeneem aan ’n paraatheidsoudit. Die buurtwag bestaan uit agt spanne met 10 tot 12 lede per span.

Die paraatheidsoudit word gebruik as assesseringsmiddel vir elke AfriForum-buurtwag om hulle sterk- en swakpunte raak te sien sodat verbeteringe kan plaasvind en tekortkominge uitgesorteer kan word.

“Die buurtwag is voortdurend besig om te kyk hoe ons die gemeenskap beter kan bystaan en daarvoor moet ons dissipline, kommunikasie, opleiding en spanwerk opgeskerp bly. Baie geluk aan Span Buffel wat as die mees parate span aangekondig is op die aand,” sê Andries Opperman lid van AfriForum se Groter Moot-buurtwag.

Hierdie paraatheidsoudit vorm deel van AfriForum se nasionale netwerk om buurtwagte te versterk en te verseker dat ons buurtwaglede van krag tot krag groei.

Sluit gerus aan met ’n vrywillige maandelikse bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings