|

AfriForum se Groter-Moot-buurtwag trek kabeldiewe vas

AfriForum se Groter-Moot-buurtwag in Pretoria het op 30 Maart 2022 in die vroeë oggendure drie vermeende kabeldiewe vasgetrek. Dit volg nadat die buurtwag ’n oproep om hulp ontvang het nadat die verdagtes by die treinspoorburg by CR Swartstraat en die Kilnerpark Spar opgemerk is.

Die verdagtes is saam met Dakar-sekuriteit, ’n lid van die GPF, asook KPS-Sekuriteit in hegtenis geneem en aan Prasa oorhandig sodat ’n saak geopen kan word.

“Ons kan eenvoudig nie toelaat dat belangrike infrastruktuur afgebreek en weggedra word nie. Kabeldiefstal veroorsaak groot skade en verliese, nie net vir munisipaliteite nie, maar ook vir sake-ondernemings en inwoners. Die polisie kan nie alleen misdaad bekamp word nie. Daarom wil ons inwoners aanmoedig om by die buurtwag aan te sluit sodat misdaad daadwerklik bekamp kan word,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus by dié buurtwag aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter-Moot” na 45340 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings