| |

AfriForum se Groter Moot-tak verwyder bome wat omgeval het

AfriForum se Groter Moot-tak het op 21 November 2021 vyf bome in die Moot verwyder wat omgeval het ná die afgelope week se storms.

’n Groot boom wat in 10de Laan oor die pad geval het, is verwyder sodat die pad weer oopgestel kon word vir verkeer. Twee ander bome het op die hoek van Haarhoff-Wes en 19de Laan omgeval en die een boom het die drade en paal beskadig. Nog twee bome is in onderskeidelik Swemmerstraat en 18de Laan verwyder.

Die buurtwaglede het ook ’n hoësigbaarheidsaksie in Eastlynn gehou terwyl van die ander lede die bome opgesny het.

“Ek wil almal wat kom help het bedank vir hul hulp om die probleme vinnig uit die weg te ruim,” sê Ruan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Groter Moot-tak.

“Dit is lekker om te sien dat daar nog mense is wat vir hul dorp en gemeenskap omgee. Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak,” Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Sluit gerus by dié tak aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur op die gratis Telegram-toep ’n kort verifikasie te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Groter Moot” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings