|

AfriForum se Groter Pretoria-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Apiesrivier, Bronkhorstspruit, Hennopsriviervallei, Pionier, Moot, Oos-Moot, Wes-Moot, Moreletapark, Pretoria-Wes, Rayton-Cullinan en Kameeldrift het die burgerregtewaghond se nasionale patrollie op 13 Maart 2020 uitgevoer. Dié patrollie is van 16:00 tot 06:00 in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), privaat buurtwagte en die SAPD uitgevoer.

Tydens die patrollie het altesaam 352 patrolleerders van hierdie AfriForum-buurtwagte en 83 ander deelnemers in 238 voertuie meer as 8 180 km afgelê. Altesaam 17 voorvalle is aangemeld en suksesvol hanteer.

“AfriForum voer nasionale patrollies uit om sigbaarheid te verhoog en samewerking te verbeter om die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker. Ons kan nie slegs op die staat vertrou om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling of buurtwag in jou omgewing betrokke en word deel van die oplossing,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings