AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag ontvang nuwe veiligheidstoerusting


Die AfriForum-buurtwag in Hartbeesfontein het onlangs nuwe veiligheidstoerusting ontvang om voorsiening te maak vir die toename in lede by dié buurtwag. Die toerusting sluit flitse, voertuigmagnete, glimbaadjies en koeëlvaste baadjies in.

“AfriForum se Hartbeesfontein-buurtwag het die afgelope paar maande heelwat aansluitings gehad en daarom was dit belangrik om die nodige toerusting aan die nuwe lede te voorsien. ’n Aktiewe buurtwag is noodsaaklik om misdaad in ons gemeenskappe te bekamp en ons moedig inwoners van Hartbeesfontein aan om by die buurtwag in te skakel, indien hulle nie reeds het nie,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.
“AfriForum bied ondersteuning aan buurtwagte in die vorm van toerusting, opleiding en regsbystand. Buurtwagte in die Klerksdorp-streek wat graag by die AfriForum wil inskakel is welkom om my direk te kontak,” sluit Nel af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings