AfriForum se Hartbeespoort-tak loods skoonmaakprojek

Die burgerregte-organisasie AfriForum se tak in Hartbeespoort het gister dié dorp skoongemaak omdat die toestand daarvan onaanvaarbaar is weens swak dienslewering deur die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit.

“Hartbeespoort-inwoners betaal vir dienste wat hulle nie ontvang nie. Om aanhoudend met die munisipaliteit te argumenteer, bring geen uitkoms nie en daarom voel AfriForum sterk oor selfdoenaksies,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

“AfriForum se Hartbeespoort-tak wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike tak betrokke raak,” sê Renier Vermeulen, bestuurslid van AfriForum se Hartbeespoort-tak.

Soortgelyke plasings