AfriForum se Hartbeespoort-tak maak munisipale perseel skoon

 

Die plaaslike AfriForum-tak in Hartbeespoort het die afgelope twee dae in samewerking met lede van die publiek die perseel waarop die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit en Stadsraad se kantore, die publieke biblioteek en die plaaslike kliniek geleë is, skoongemaak.
Volgens Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, het die haglike toestand van dié perseel die burgerregtewaghond genoop om in te gryp.
Fanie Smit, voorsitter van die Hartbeespoort-tak, sê die munisipaliteit het glo nie genoeg werkers om die perseel in stand te hou en skoon te maak nie.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat Hartbeespoort weer die spogdorp word wat dit eens was.”

SMS “Skoon” na 45351 (R1) om deel van die projek te word.

Soortgelyke plasings