|

AfriForum se Heidelberg-buurtwag stuit misdadigers

Die AfriForum-buurtwag in Heidelberg het op 3 September ’n arrestasie in samewerking met Heidelberg se SAPD uitgevoer.

Dié buurtwag is skaars ’n maand gelede gestig, maar het reeds sukses in die dorp behaal. ’n Buurtwaglid het ’n vermeende dief betrap terwyl hy besig was om ’n voertuig se spaarwiel te steel.

Die verdagte het in ’n wit minibus gespring en die buurtwaglid het hulle agternagesit. Met behulp van ander buurtwaglede en die SAPD is die voertuig op die N3 vasgekeer, waarna drie verdagtes in hegtenis geneem is.

“Hierdie sukses is maar net die begin vir die buurtwag en gemeenskap in Heidelberg. Ons wil graag gemeenskapslede aanmoedig om by veiligheidstrukture soos dié betrokke te raak, want elke persoon wat op só ’n manier saamwerk dra by tot ’n veiliger en voorspoedige gemeenskap,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: SMS “Heidelberg” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings