|

AFRIFORUM SE HEIDELBERG-TAK BEVEILIG GEVAARLIKE PADAANSLUITINGS

Die AfriForum-tak in Heidelberg het op 31 Julie as deel van hulle nasionale massapatrollie twee gevaarlike ingange na Heidelberg beveilig deur katogies op die pad aan te bring.  

Daar vind gereeld ongelukke by die een ingang na Heidelberg – van Nigel se kant af – plaas waar die pad verdeel. Die Heidelberg-tak het hierdie aansluiting veral ’n prioriteit gemaak aangesien daar al soveel mense in ongelukke by dié kruising gesterf het.  

Die tak het ook katogies aangebring by die Overkruin-en-Louwstraat-aansluiting wat ook gevaarlik is. Dié katogies herlaai bedags deur sonpaneeltjies en flikker snags om padgebruikers bewus te maak van die aansluitings. 

Volgens Willem Sprong, takvoorsitter van die Heidelberg-tak, is dit vir die taklede ’n voorreg om deel te wees van ’n span wat ’n verskil in die omgewing maak.   

Soortgelyke plasings