AfriForum se Hemel en Aarde-plaaswag ontvang opleiding


AfriForum se Hemel en Aarde-buurtwag in Hermanus is toegerus om die gemeenskap te beveilig nadat die lede formele patrollie-opleiding ontvang het. Tydens dié sessie is plaaswaglede opgelei in alle wetgewing wat op buurtwagte van toepassing is, waaronder die Suid-Afrikaanse Polisie- en die Strafproseswet, asook provinsiale wetgewing.

“Die plaaswag vorm deel van AfriForum se Overstrand-takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in noodgevalle by te staan,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.
“Opleiding is belangrik vir alle veiligheidstrukture. Die plaaswag is hier om ’n verskil in ons gemeenskap te maak en ons verwelkom samewerking met alle veiligheidstrukture wat dieselfde doel nastreef,” sê Bernhard Turkstra, plaaswagvoorsitter.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter is die verskil wat ons in die gemeenskap kan maak,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Soortgelyke plasings