AfriForum se Hemel-en-Aarde-plaaswag ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se Hemel-en-Aarde-plaaswag het op 24 Februarie 2018 selfverdedigingsopleiding ontvang. Bykans 50 lede van die gemeenskap, asook bestuurslede van AfriForum se Gansbaai- en Voëlklip-buurtwagte, het hierdie opleidingsessie, wat deur True Krav Maga aangebied is, bygewoon.

“Ons is uiters tevrede met die gehalte van die kursusse wat aangebied is en sien daarna uit om die gemeenskap verder te bemagtig en in staat te stel om hulself te beveilig,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.
“AfriForum se Overstrand-tak beplan om in die nabye toekoms verdere opleidingsessies in die gebied aan te bied,” sluit Van Dalen af.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings