|

AfriForum se Hertzogville-tak help om begraafplaas skoon te maak

AfriForum se Hertzogville-tak het op 2 en 3 Junie 2020 die plaaslike begraafplaas in samewerking met die boerevereniging skoongemaak. Die begraafplaas was in ’n slegte toestand en party grafte was nie meer sigbaar nie.

Die tak het die brandstof vir al die rantsnyers, bossiekappers en grassnyers verskaf en inwoners en sakeondernemings het bygedra en saamgewerk om die begraafplaas skoon te maak.

“Die Hertzogville-gemeenskap is staatmakers en dit is vir AfriForum ’n voorreg om saam met ander organisasies te werk om ’n verskil te maak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jóú gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings