AfriForum se Hessekwa-tak maak Stilbaai skoon

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Hessekwa-tak het in samewerking met die Hessekwa Plaaslike Munisipaliteit ’n skoonmaakaksie in Stilbaai van stapel gestuur as deel van dié burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog.
Lede van die Hessekwa-tak en personeel van die munisipaliteit het op 23 Oktober die gebied tussen Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum en Palinggat, asook die wandelpad voor die pier vir vullis gefynkam en 15 sakke vullis opgetel.

“Ons is hier om ’n verskil te maak en nooi ander organisasies uit om saam te werk om ’n skoon omgewing te verseker. Waar samewerking nie moontlik is nie, doen ons dit self,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za om by die plaaslike tak betrokke te raak, en maak ’n verskil.

Soortgelyke plasings