|

AfriForum se Hoedspruit-tak rig noodwaterpunt op

Die AfriForum-tak in Hoedspruit het op 8 Desember 2021 ’n 5 000 liter watertenk aangekoop en by die Hoedspruit Gemeente opgerig. Dié tenk sal as ’n noodwaterpunt gebruik word indien die dorp watertekorte ervaar.

Water en sanitasie is ’n grondwetlike reg en omdat al hoe meer munisipaliteite hul plig versuim om skoon drinkwater aan gemeenskappe te voorsien het AfriForum besluit om soveel as moontlik noodwaterpunte regoor Suid-Afrika op te rig.

“Hierdie noodwaterpunt is opgerig met die doel om die gemeenskap te help indien daar watertekorte in Hoedspruit ontstaan. Ons hoop egter dat dit nie die geval sal wees nie,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Inwoners sal in kennis gestel word sodra die dorp ’n tekort ervaar en daar van die waterpunt gebruik gemaak kan word. Raak by AfriForum se tak in Hoedspruit betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings