AfriForum se jeug-afdeling in Kuruman loods skoonmaakaksie


AfriForum se jeug-afdeling in Kuruman het die afgelope naweek met ’n skoonmaakaksie begin ten einde onwettige pamflette van stopstrate en mure te verwyder.
Die span het op Saterdagoggend 30 September 2017 saam met lede van die brandreaksie-eenheid dié pamflette te verwyder. Ou politieke pamflette is ook van mure verwyder. Die tak beplan voorts om in Oktober ’n groot skoonmaakprojek van stapel te stuur.

“Ons moedig lede van die publiek aan om by die plaaslike tak betrokke te raak. Ons benodig lede om sulke aksies te dryf. Ons lede maak ons sterk en hoe meer lede ons het, hoe meer kan ons in ons dorp vermag. Die tyd dat ons sit en wag vir goed om te gebeur, is verby,” sê Pieter Serfontein, voorsiter van AfriForum se Kuruman-tak.

Ons versoek dat Kuruman-inwoners aan AfriForum die mandaat gee om die dorp skoon te maak. SMS “Kuruman” na 32532 (R1) om dié aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings