AfriForum se Kaapstad-Noord-tak hou dringende vergadering oor waterkrisis


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 13 Februarie 2018 ’n dringende vergadering oor die waterkrisis in dié stad gehou.
Die doel van hierdie vergadering was om die gemeenskap in te lig oor wat AfriForum reeds gedoen het om die effek van die waterkrisis te verlig, asook wat AfriForum se planne is indien Dag Sero sou aanbreek.

“Tydens die vergadering het die tak ook insette vanuit die gemeenskap gekry en na gemeenskapslede se behoeftes geluister,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

Raak by die Kaapstad-Noord-tak betrokke: Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afrifroum.co.za en maak ’n verskil.

Soortgelyke plasings