|

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak maak parke skoon

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op Woensdag 4 Mei 2022 twee parke in Bellville skoongemaak.

Die tak het hierdie skoonmaakaksie aangepak nadat hulle talle klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het oor die toestand van veral die Canterburypark en die Postmapark. Die tak het sewe sakke vol vullis verwyder – dit sluit ook mediese afval in.

“Ons is trots op ons area en daarom sal ons nie vir ’n oomblik skroom om ons moue op te rol en self te begin skoonmaak waar dit nodig is nie,” sê Tommy van Zyl, AfriForum se takvoorsitter by die Kaapstad-Noord-tak.

“Ons wil gemeenskappe aanmoedig om by soortgelyke aksies in te skakel om sodoende hul omgewing op te bou en mooi te maak,” sluit Van Zyl af.

Raak vandag by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak betrokke: SMS “Kaapstad-Noord” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings