|

AfriForum se Karoo- en Kalahari-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Vaalharts, Keimoes (Groot Oog), Kathu en Kuruman het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 8 April 2022 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

229 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en altesaam 2 968 km in 119 voertuie afgelê.

“Buurtwagte in die Karoo en Kalahari sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Lize-Mari van der Linden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings