AfriForum se Kathu-buurtwag kry 'n nuwe beheerkamer


AfriForum se buurtwag in Kathu het ‘n nuwe beheerkamer oopgemaak wat by die KCC-terrein geleë is.
Lede van die gemeenskap wat by AfriForum se buurtwagaktiwiteite betrokke wil raak moet asseblief kennis neem dat daar ‘n privaat buurtwag in Kathu gestig is wat nie onder die AfriForum-buurtwag hier sorteer nie en daar is ook ‘n groep genaamd Concerned Citizens wat die dorp se strate patrolleer wat ook nie onder AfriForum sorteer nie.
Mense kan AfriForum se buurtwaglede maklik uitken aan die glimbaadjies wat elke buurtwaglid te alle tye dra.
Die nommer wat mense kan skakel indien hulle navrae het vir die nuwe AfriForum-beheerkamer in Kathu is 063 684 6082 en die voorsitter van die buurtwag is Gerhard van Zyl.
 

Soortgelyke plasings