AfriForum se Kathu-tak plant boom, rig inligtingsbord by Hugenote-park op

 

Die AfriForum-tak in Kathu het die afgelope week ’n inligtingsbord by die Hugenote-park opgerig om besoekers en die gemeenskap oor dié park, sy natuurlewe en geskiedenis in te lig.
Die tak het ook as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaand ’n vaderlandswilg in die park geplant.

“Die park is deel van die dorp se erfenis – en nou ook die nuwe bome wat geplant is”, sê Adriaan Odendaal, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak.

Soortgelyke plasings