AfriForum se Kathu-tak verf straatname


Die AfriForum-tak in Kathu het die afgelope naweek besluit om straatname te verf in dié strate waarvan die name nie meer duidelik of glad nie sigbaar was.

“Die veldtog is van stapel gestuur omdat dit moeilik is vir die buurtwag wat patrollie ry om strate uit te ken as dit nie gemerk is nie. Ons kan nie sit en wag dat dit vir ons gedoen word nie,” sê Carel Reyneke, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van die AfriForum-tak in Kathu.

Die projek is in samewerking met lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aangepak. Die AfriForum-tak het ook stensils gemaak en verf aangekoop vir hierdie aksie.

“Ons moedig lede aan om by die buurtwag betrokke te raak. Saam kan ons misdaad in ons dorp verminder,” sluit Reyneke af.

Wys jou steun vir die aksie: SMS “Kathu” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings