AfriForum se Kempton Park-buurtwag ry patrollie saam met Sweedse media


AfriForum se Kempton Park-buurtwag het op 3 September 2018 ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD en MML Sekuriteit in Norkempark gehou. ’n Internasionale mediaspan uit Swede het die patrollie vergesel om verslag te doen oor die stand van Suid-Afrikaanse gemeenskappe.
Ongeveer 15 buurtwaglede, ses polisielede, drie sekuriteitsbeamptes en drie Sweedse joernaliste het aan dié patrollie deelgeneem, asook Prins, ’n opgeleide hond wat aan Lukas Erasmus, een van die Kempton Park-buurtwagvoorsitters, behoort.

“Die doel van sigbaarheidspatrollie is om voorkomend op te tree deur misdadigers af te skrik. AfriForum het tans meer as 7 000  buurtwaglede regoor Suid-Afrika. Dit is belangrik dat gemeenskappe besef dat misdaad proaktief bekamp kan word as elkeen sy deel doen en betrokke raak,” sê Jan Vermaak, AfriForum se Kempton Park-takvoorsitter en bevelvoerder van Projek Nehemia in die Oos-Rand.
“Die AfriForum-buurtwag wil saam met die SAPD werk om misdaad in die Oos-Rand te bekamp en op ’n volhoubare wyse gemeenskappe se veiligheid te verseker,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Jou steun in jou dorp dra tot jou veiligheid by. SMS die woord “Veiligheid” na 45342 (R1) en raak betrokke.

Soortgelyke plasings