|

AfriForum se Kempton Park-tak kom tot redding van verwaarloosde diere in gemeenskap

“Ons wag nie vir iemand om ons probleme op te los nie. Ons glo daarin om self in te gryp en ons hande vuil te maak,” sê Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum se Kempton Park-tak, wat die afgelope week as deel van die burgerregteorganisasie se #VegEnBou-veldtog verskeie volhoubare projekte uitgerol het.

Dié tak ken van mobiliseer. Byna 50 vrywilligers, insluitend AfriForum Jeug se Oos-Moot-tak, het vandeesweek saam met die Kempton Park-tak opknappingswerk by die plaaslike DBV gedoen en ook meer as 500 kg aan die diereskuiling geskenk. Die tak het ook sy nuwe mobiele gesondheidsentrum bekendgestel, terwyl die jeugvleuel sy uilhuisprojek (waartydens omgewingsvriendelike uilhuisies opgerig en in stand gehou word) voortgesit.

Soortgelyke plasings