AfriForum se Kimberley-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se Kimberley-buurtwagte het op 18 September aan die nasionale patrollie deelgeneem wat regoor die land deur AfriForum se veiligheidstrukture aangepak is. Die patrollie in Kimberley is uitgevoer in samewerking met die SAPD en verskeie gemeenskapslede.Altesaam 22 AfriForum-patrolleerders en ses patrolleerders van ander veiligheidsinstansies het bykans 720 km in 13 voertuie afgelê. Drie voorvalle is aangemeld.

“Die Kimberley-buurtwagte sal aanhou om veiligheidskwessies aan te pak om sigbaarheid in dié gemeenskap te verbeter. Ons is dankbaar vir die goeie samewerking tussen die AfriForum-buurtwagte, die SAPD en die ander instansies wat help om ons gemeenskappe te beveilig,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur vandag nog by jou plaaslike buurtwag aan te sluit. SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings