AfriForum se Koster-tak reorganiseer


Die AfriForum-tak in Koster het op 25 April ’n reorganisasievergadering gehou en die volgende lede tot sy bestuur verkies: Andreas Peens (voorsitter), Lampies Meintjies (ondervoorsitter), Rika van Staden (sekretaris), Morné Erasmus (tesourier), Johan de Bruyn (plaaslikeregeringsake), Willie van der Westhuizen (gemeenskapsveiligheid) en Arrie van Staden (jeug).

Peens sê dat hy en die bestuur daarna uitsien om ’n verskil in die gemeenskap te maak. “Dié tak se fokus is op veiligheid, die aanpak van swak munisipale dienslewering en gemeenskapsgedrewe inisiatiewe.”

Raak vandag nog by AfriForum se Koster-tak betrokke: SMS “Koster” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings