AfriForum se Kraaifontein-, Brackenfell- en Bellville-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

 

AfriForum se Kraaifontein-, Brackenfell- en Bellville-buurtwag het op 13 Oktober 2018 selfverdedigingsopleiding ontvang, wat deur Cobra Self-Defence Academy onder leiding van AfriForum aangebied is. Ses-en-twintig lede van dié AfriForum-buurtwagte het dit bygewoon.
Die opleiding het lede geleer om mes- en vuurwapenaanvalle af te weer, asook om moontlike verkragters of aanvallers te stuit as hul op die grond vasgedruk word.

“Lede wat die opleiding ontvang het, sê dat die tegnieke wat hulle geleer het baie sinvol is en kan help in die beveiliging van hul omgewing,” sê Leon Lamprecht, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Brackenfell.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).
 
 

Soortgelyke plasings