AfriForum se Kroonstad-tak roep die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording

AfriForum se Kroonstad-tak roep die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit tot verantwoording oor die storting van rou riool in die Valsrivier.

  • Rou riool borrel al jare lank uit in erwe, sakegebiede, velde, vleilande en in die Valsrivier.
  • Rioollyne is verstop, mangate loop oor van die riool en die rioolaanlegte is totaal en al disfunksioneel.
  • Mense se lewensgehalte en gesondheid word negatief beïnvloed deur die rioolstortings.
  • Die ekologiese sisteem word benadeel met visvrekte wat al hoe meer voorkom in die Valsrivier.

Na vele skrywes en klagtes wat deur AfriForum by die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit ingedien is, is die probleem nog nie aangespreek nie. AfriForum gaan nou die munisipaliteit tot verantwoording roep om die probleem op te los. Daar is reeds ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig om hulle op terme te plaas om die rioolprobleem aan te spreek. Indien die munisipaliteit nie gehoor gee aan die skrywe nie sal AfriForum ’n kriminele klagte gaan lê by die SAPD teen die munisipale bestuurder in sy persoonlike kapasiteit oor die besoedeling.

Voeg jou naam by die klag deur die petisie te onderteken en so ook die saak te ondersteun. Dit is tyd dat die munisipaliteit verantwoordelik gehou word vir die swak dienslewering.

Soortgelyke plasings