| | |

AfriForum se Kroonstad-tak skenk handreiniger aan die gemeenskap

Die AfriForum-tak in Kroonstad het vandeesweek handreiniger aan verskillende ouetehuise en instansies in dié dorp geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te verseker. Dié tak het 250 botteltjies, wat altesaam 103 liter is, aan die verskillende instansies geskenk.

Die handreiniger is aan Huis Edelkroon, Soeterus, Arboretum, Huis Eden, die Jeugsorgsentrum en Kroon Hospitaal geskenk.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes en diensorganisasies onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die instansies wat handreiniger ontvang het, was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het ook groot waardering vir die personeel wat na hulle omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings