| |

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag beveilig gemeenskap

Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het op 23 en 24 Maart 2020 in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsmaatskappye twee verdagtes in hegtenis geneem.

Dít volg nadat die buurtwag die afgelope week hoësigbaarheidspatrollies in die omgewing uitgevoer het. Tydens hierdie patrollies het die buurtwag inligting oor moontlike inbrake op sy kommunikasiegroepe ontvang, waarna die verdagtes voorgekeer en in hegtenis geneem is. Albei arrestasies is in die teenwoordigheid van die SAPD uitgevoer.

“In tye van nood is dit gerusstellend om te weet dat daar steeds individue is wat hulle tyd opoffer om die gemeenskap te beskerm en te beveilig,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag sal tydens die komende staat van inperking die nodige veiligheidsmaatreëls volg en alles in hul vermoë doen om steeds die gemeenskap by te staan.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: SMS “Krugersdorp” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings