|

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag hou plaaspatrollie

AfriForum se Krugersdorp-buurtwag het op 27 Junie 2020 ’n plaaspatrollie gehou om sigbaarheid in die landelike gebiede te verhoog.

78 lede van AfriForum se Krugersdorp-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwag, EMGT, privaat sekuriteitsmaatskappye, ER24 en Netcare het aan dié plaaspatrollie deelgeneem. Die konvooi van 40 voertuie het tot in Tarlton gery, waarna die konvooi in twee groepe verdeel het.

Een van die groepe het ’n oproep vanuit die Zwartkrans-omgewing ontvang oor ’n plaasaanval en die patrolleerders het saam met Conserv Security bystand gebied. Die SAPD se honde-eenheid is ook uitgeroep.

“Dankie aan die besture van AfriForum se Wes-Rand-takke en aan almal wat deel was van die patrollie. Ek wil graag lede van die gemeenskap aanmoedig om by die veiligheidstrukture betrokke te raak,” sê Martin Lombard, voorsitter van AfriForum se Krugersdorp-buurtwag.

Sluit vandag nog by jou naaste buurtwag aan: SMS “Krugersdorp” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings