|

AfriForum se Krugersdorp-tak maak strate skoon

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het op 23 Oktober as deel van die organisasie se Ons Dorp-projek sowat 4 km se middelmanne skoongemaak.

Die skoonmaakaksie het in Robert Broomweg afgeskop. Vrywilligers het bossies uitgetrek, die gras om die kante gesny en gif gespuit. Verder het die vrywilligers ook die Voortrekkerweg en R28-kruising skoongemaak. ’n Positiewe gees het onder die vrywilligers geheers en gemeenskapslede het deur die loop van die dag by vrywilligers gestop om dankie te sê vir dit wat AfriForum in die gemeenskap doen.  

“Dit is hartseer dat ons munisipaliteite daarin misluk om basiese dienste aan ons te verskaf en dat die regering nie hierdie munisipaliteite verantwoordelik hou vir hul mislukkings nie,” sê Martin Lombard, AfriForum se takvoorsitter in Krugersdorp. “Ek wil graag elke vrywilliger van AfriForum Krugersdorp bedank wat dit moontlik maak dat ons hierdie aksies suksesvol kan aanpak.”

Gemeenskapslede wat graag wil betrokke raak by die Krugersdorp-tak en hul aksies kan gerus AfriForum Krugersdorp se Facebook-blad dophou vir meer inligting.

Soortgelyke plasings