| |

AfriForum se Kuruman-buurtwag tree blitsig op om brand te blus

Die AfriForum-buurtwag in Kuruman is op 13 September in kennis gestel dat ’n brand op die hoek van Poolmanstraat en Cillierslaan in dié dorp uitgebreek het. Die buurtwag se brandspan was eerste op die toneel en het ook die plaaslike brandweer ontbied.

Die lapa en gastekamers se grasdakke was aan die brand en die buurtwag se brandspan, toegerus met hulle vier vuurvegters, het dadelik begin om dit te blus. Die brandweerdiens, SAPD en nooddienste was kort daarna op die toneel om bystand te lewer.

“Dit is veral in tye van nood dat ons as gemeenskap moet saamstaan en ons kant moet bring om ’n verskil te maak. Die spoedige en onbaatsugtige optrede van Paul en sy span word hoog op prys gestel,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.

“Ons wil graag ons brandspan, die brandweer, die SAPD, nooddienste en gemeenskapslede wat gehelp het bedank vir hul bystand,” sê Paul Marais, voorsitter van AfriForum se Kuruman-buurtwag.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings