|

AfriForum se Kuruman-tak herstel Streekdiensteraad se brandbestrydingsvoertuig  

Die AfriForum-tak in Kuruman het die dryfas van die Streekdiensteraad se enigste werkende brandbestrydingsvoertuig deur ’n plaaslike motorwerktuigkundige laat herstel. Die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit beskik nie oor die fondse om dié voertuie in stand te hou of te herstel nie.

Die brandbestrydingsvoertuig word gereeld gebruik om brande in die omgewing te blus. Hoewel die AfriForum-tak se brandspan altyd gereed is om in so situasie hulp te verleen, is dit belangrik dat die streekdiensteraad ook oor die nodige toerusting beskik om dié nooddiens te kan verrig.

Maak ’n daadwerklike verskil in die Kuruman-gemeenskap deur tot dié tak se noodfonds by te dra: SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings