| | |

AfriForum se Kuruman-tak ontsmet middedorp

Die AfriForum-tak in Kuruman het op 29 Mei 2020 inisiatief geneem om die middedorp te ontsmet om te verseker dat die inwoners wat tydens vlak 3 weer begin werk na ’n veilige en higieniese omgewing kan terugkeer. Die AfriForum-buurtwag en die brandspan het die hele middedorp ontsmet.

Die tak gaan dié taak as ’n volhoubare projek aanpak en die dorp gaan drie keer per week vir die volgende drie weke ontsmet word. Die ontsmetting word laataand gedoen wanneer daar geen motors of voetgangers is nie.

“Ons wil die publiek graag aanmoedig om by sulke projekte betrokke te raak om inwoners teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Dra vandag nog tot dié tak se taknoodfonds by – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings