AfriForum se Kuruman-tak verkies nuwe bestuur

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kuruman-tak het op 21 Januarie 2020 ’n nuwe bestuur verkies.

Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Gerald Tönsing (voorsitter), Corné Kruger (ondervoorsitter), Ansie Cilliers (tesourier), Paul Marais (gemeenskapsveiligheid), Sybrand Smith (omgewingsake), Amoryn Muller (jeug), Alwyn Nieuwoudt (plaaslikeregeringsake) en Johan Grové (projekte en werwing).

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak. Tönsing sê hy en die nuwe bestuur sien daarna uit om ’n verskil in Kuruman se gemeenskap te maak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Kuruman-tak: SMS “Kuruman” na 45353 (R1).

Foto: Agter v.l.n.r. Johan Grové, Werner Strauss, Paul Marais, Sybrand Smith, Deon de Jager (AfriForum se hoof vir die suidstreek) en Johandré van Zyl (AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek). Voor v.l.n.r. Ansie Cilliers, Corné Kruger, Gerold Tönsing en Amoryn Muller.

Soortgelyke plasings