AfriForum se Laeveld-takke hard aan die werk


AfriForum se Laeveld-takke het die afgelope tyd hard gewerk om ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe te maak.

In Witrivier het sowel die tak as die buurtwag ’n struktuur soortgelyk aan ’n hok by die plaaslike polisiestasie help bou. Polisievangwaens hou dus voortaan binne-in dié hokagtige struktuur stil wanneer gevangenes afgelaai word; sodoende word daar verseker dat gevangenes nie kan ontsnap nie. Tak- en buurtwaglede het selfs in die aande aan hierdie projek gewerk en van bestaande materiaal gebruik gemaak om die struktuur op te rig en nuwe drade te span.

“Ons is bly ons kon die projek aanpak om die veiligheid van die gemeenskap te help verbeter,” sê Johan Pelser, voorsitter van AfriForum se Witrivier-buurtwag.

Intussen het die AfriForum-tak in Nelspruit weer eens hul deurlopende projek om die Pro Gratia Learning Centre te verbeter, voortgesit. Dié tak het aandag aan die netheid van die terrein gegee en ook bande geverf om die terrein op te vrolik.

“Die tak beplan nog ’n projek by dié skool op 18 Mei waartydens ons aan die tydelike klaskamers sal werk en algemene herstelwerk sal doen,” sê Arno du Preez, voorsitter van die jeugportefeulje van AfriForum se Nelspruit-tak.

Diegene wat by dié projek betrokke wil raak kan Du Preez by 063 757 3063 bel.
Raak vandag nog by AfriForum se Laeveld-takke betrokke: SMS “Nelspruit” of “Witrivier” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings