| | |

AfriForum se Laeveld-takke help tydens staat van inperking

AfriForum se Laeveld-takke het hul gemeenskappe tydens die staat van inperking op verskeie maniere gehelp.

Die Nelspruit-tak het groente aan Solidariteit Helpende Hand geskenk wat dit weer na gesinne in nood versprei het. Die tak het onder meer spinasie, beet en ander groente aangekoop en het ook gehelp om voedselpakkies te versprei.

AfriForum se Witrivier-tak het voedselpakkies in Witrivier, Sabie, Waterval-Boven en na die Fanie Stolz-aftreeoord in Graskop versprei.

Die tak in Lydenburg het groot finansiële bydraes gemaak om organisasies in dié dorp by te staan. R10 000 is aan Solidariteit Helpende Hand geskenk, R10 000 aan die Step Foundation en nog R20 000 aan die Wings of Gratitude Foundation. Al drie dié organisasies help met voedselverspreiding in Lydenburg.

“Lydenburg is hard getref deur die staat van inperking. Baie gesinne het groot finansiële verliese gely en ons is dankbaar dat ons hierdie organisasies kon bystaan om hul goeie werk voort te sit,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Soortgelyke plasings