AfriForum se Langenhovenpark-tak bied noodhulpkursus aan


Die veiligheidstrukture van AfriForum se Langenhovenpark-tak het onlangs besluit om basiese noodhulpkursusse vir hul patrolleerders en lede van die gemeenskap aan te bied. Hierdie opleiding het op Saterdag 16 Maart by Medovs in Bloemfontein plaasgevind en vorm deel van verskeie kursusse wat dié tak vir 2019 beplan.

“Die doel van hierdie opleiding is om ons patrolleerders te bemagtig om die gemeenskap in noodsituasies by te staan. Opvolgkursusse word ook vir patrolleerders en AfriForum se Langenhovenpark-taklede beplan.
“Dit is vir ons baie belangrik dat ons tak se veiligheidstrukture en patrolleerders goed opgelei en bemagtig word om ons gebied suksesvol te beveilig,” sê Joseph Renaud, distrikskoördineer vir Rosestad.

Ondersteun jóú gemeenskap: SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings