AfriForum se Lichtenburg- en Coligny-takke rig vertoë aan Eskom om krag aan te hou

 

Die AfriForum-takke in Lichtenburg en Coligny het in samewerking met ander rolspelers in die gemeenskap ’n vertoë aan Eskom gerig. Dít volg nadat die kragreus verlede Vrydag bekend gemaak het dat die elektrisiteitstoevoer na die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit afgesny gaan word weens R228 miljoen se agterstallige munisipale skuld.

“Die agterstallige skuld is glo sedert Maart vanjaar uitstaande en aangesien daar geen poging deur die munisipaliteit aangewend is om die skuld te vereffen nie, gaan Eskom vanaf 26 Oktober beurtkrag implementeer. Hierdie kragonderbrekings sal ’n geweldige groot impak op die ekonomiese groei van die Lichtenburg- en Coligny-gemeenskappe hê. Dit is boonop onregverdig om belastingbetalers te straf vir geld wat weens wanbesteding nie deur die munisipaliteit betaal is nie,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

Die tak het reeds met verskeie rolspelers in die gemeenskap vergader om ’n aksieplan op te stel ten einde die munisipaliteit tot verantwoording te roep om sy plig teenoor sowel die gemeenskap as Eskom na te kom.

Soortgelyke plasings