AfriForum se Lichtenburg-tak verf vierrigtingkruising in 8ste Laan


Op 26 Januarie 2019 het AfriForum se Lichtenburg-tak die jaar goed afgeskop met die voltooiing van hul verfprojek se eerste fase. Ná die gemeenskap die noodsaaklikheid van opknappingswerk op die dorp geïdentifiseer het, is dié projek met die verf van die stoptekens in 8ste Laan geloods.

“Dit is vir ons belangrik om die gemeenskap met hierdie tipe selfdoenaksies te ondersteun en Lichtenburg ’n veiliger omgewing vir al die inwoners te maak. AfriForum se Lichtenburg-tak beplan soortgelyke aksies om die dorp en gemeenskap verder te bevorder,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.

Die Lichtenburg-tak nooi die gemeenskap uit om by die volgende fases van die verfprojek in te skakel en in die toekoms by soortgelyke aksies betrokke te raak: SMS ‘Lichtenburg’ na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings