AfriForum se Limpopo-takke gaan groen

 

Die AfriForum-takke in Limpopo het in September vanjaar 50 bome by verskeie skole en parke regoor die provinsie as deel van dié burgerregte-organisasie se nasionale boomplantmaandveldtog geplant.
Takke wat aan die projek deelgeneem het, is Ellisras, Warmbad, Tzaneen, Hoedspruit en Phalaborwa.

“Bome is deel van ons erfenis. Dit is ’n belangrike deel van die ekostelsel en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te leef nie,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by dié veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n beter, groener toekoms. SMS “Groen” na 45340 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings