AfriForum se Lydenburg-buurtwag en SAPD span saam teen misdaad


Lydenburg se AfriForum-buurtwag het op 14 Maart 2017 ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op 16 Januarie 2017 tussen AfriForum en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Centurion gesluit is, aan offisier Tjie, van die Lydenburg-polisiestasie, oorhandig. Die partye het ook ’n strategiese vergadering gehou waartydens verskeie probleme in dié dorp geïdentifiseer is.

“Die ooreenkoms het ten doel om ’n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid te verbeter en gemeenskapsamewerking in die bekamping van misdaad te bevorder,” sê Erich Venter, buurtwagvoorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Venter sê verder dat die plaaslike tak baie opgewonde is oor die ooreenkoms en reeds goeie samewerking en ondersteuning van die SAPD ontvang.

Soortgelyke plasings