|

AfriForum se Machadodorp-tak help om brande te blus

Die AfriForum-tak in Machadodorp het op 15 September gehelp om groot veldbrande buite die dorp te blus.

Hoewel die brande buite die dorp was, het die risiko steeds bestaan dat die brande kon versprei na ander areas. Die buurtwag het saam met plaaslike boere gehelp om die vuur op strategiese plekke te blus sodat die brand nie verder kan versprei nie.

Die Machadodorp-tak het reeds in 2019 ’n waterkar aangeskaf en staan die tak en buurtwag sedertdien gereed om die boere in die omgewing te help om brande te blus.

“Daar is droë, warm winde wat gewaai het en die vuur aangejaag het en om 21:30 was daar steeds areas wat deur die brande geaffekteer was,” sê Henrico Duvenhage, AfriForum se takvoorsitter in Machadodorp.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS “jou naam” na 45340(R1)

Soortgelyke plasings