AfriForum se Machadodorp-tak vul slaggate


AfriForum se Machadodorp-tak het die afgelope naweek slaggate in dié dorp gevul.

“Dit is verblydend om te sien dat ’n gemeenskap self inisiatief neem en take wat munisipaliteite nie meer nakom nie op hulself neem. Weldoeners het ook hierdie aksie moontlik gemaak en 46 sakke teer geskenk,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga.
“Ons doen ’n beroep op mense om by AfriForum aan te sluit en ’n verskil in hul dorpe te maak. Gemeenskapsamewerking is belangrik en help om te keer dat klein dorpies se infrastruktuur in duie stort,” sê Henrico Duvenhage, voorsitter van AfriForum se Machadodorp-tak.

Om betrokke te raak, SMS “Pad” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings