|

AfriForum se Malalane-buurtwag ontvang nuwe toerusting

Die AfriForum-buurtwag in Malalane het op 25 Oktober 2021 nuwe toerusting ontvang sodat die buurtwag ten volle toegerus is om misdaad in die dorp te voorkom.

Die buurtwag het nuwe koeëlvastebaadjies en flitse ontvang wat ’n toevoeging is tot die glimbaadjies en patrollieligte wat lede vroeër vanjaar ontvang het.

AfriForum se buurtwaglede word gereeld opgelei in verskeie aspekte van die reg en hoe hulle moet optree en daarby word hulle ook korrek toegerus om verskeie situasies te kan hanteer.

“Ons lede kan nou met geruste harte gemeenskapslede te hulp snel aangesien hulle die regte opleiding en toerusting het,” sê Alwin Carstens, leier van AfriForum se Malalane-buurtwag.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS “Malalane” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings